Local news

Ermeloërs staan saam vir kankerbewustheid

Ná die toesprake en verwelkoming het Rethia Naudé ’n erewag gevorm, waardeur elkeen wat kanker oorwin het gestap het terwyl die toeskouers hul ondersteuning aan die groep getoon het.

ERMELO – Op 15 Oktober het ‘n skare geklee in pienk, gereed om hulle ondersteuning vir kankerbewustheid ten toon te stel, by Ligbron Akademie vir Tegnologie opgedaag vir die Shades of Pink-kankerpretloop.

Gedurende die inskrywings het deelnemers tougestaan om hulle hare vrolik te versier.

’n Groep vriende wys hul ondersteuning vir kankerbewustheid.

Sonja Kirk het die verrigtinge met gebed geopen, en het ook al die borge vir die geleentheid bedank.

Ná die toesprake en verwelkoming het Rethia Naudé ’n erewag gevorm, waardeur elkeen wat kanker oorwin het gestap het terwyl die toeskouers hul ondersteuning aan die groep getoon het.

’n Vierpootvriend, vrolik getooi in pienk.

Die wegsprong het gewemel van ouers en kinders, gereed om die 5 km-roete aan te pak.

Tiaan Bezuidenhout en Janeske Jansen van Rensburg is as die wenners in die laerskoolafdeling aangewys.

In die hoërskoolgroep was Stephan Jacobs en Eljoné van Niekerk eerste oor die eindstreep, en Johan Victor en Marnel van Niekerk het die afdeling vir volwassenes gewen.

Related Articles

Back to top button