Local news

Ermelo AfriForum ploeg terug in gemeenskap

Die tak het sowat 150 sakke teer gebruik om die slaggate mee op te vul.

ERMELO – Die lede van die plaaslike AfriForum het onlangs skouer aan die wiel gesit om slaggate in John Vorsterstraat te herstel.

Die tak het sowat 150 sakke teer gebruik om die slaggate mee op te vul.

Hulle het elkeen wat ingespring het bedank, asook elke persoon wat koeldrank aangedra het. Die tak het ook dankie gesê aan Jaco Kirk van Spartan Training & Security vir sy en die span se hulp en bystand, Pick n Pay Ermelo vir die worsbroodjies en Melody du Toit van Dougies Pets vir haar borgskap.

“Ons is van plan om nog baie gate in die dorp te vul en hoop om selfs nog meer mense te kry om te help,” het Frikkie du Plessis gesê.

Vir meer inligting oor hoe om by die projek betrokke te raak, skakel Heinrich Jansen van Rensburg by 066 259 4802 of Du Plessis op 073 803 3102.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button