Ermeloërs geniet kunsuitstalling by Izimbali

Drini Jacob se uitstalling, genaamd Something of Everthing, het getrou gebly aan sy naam en ’n verskeidenheid skilderye na elkeen se smaak ten toon gestel.

ERMELO – Die dorpenaars het op 1 September heerlik saamgekuier tydens die kunsuitstalling van Drini Jacob.

Die geleentheid het by die pragtige Izimbali Restaurant plaasgevind, en Jacob se pragtige skilderye het die mure van die restaurant versier.

Ds. Frans Boshoff het as seremonie-meester vir die aand opgetree, en na ‘n noukeurige bekendstelling van Jacob, het die gaste aan heerlike versnaperings gepeusel.

Die uitstalling, genaamd “Something of Everything”, het getrou gebly aan sy naam en ‘n verskeidenheid skilderye na elkeen se smaak ten toon gestel.

Jacob nooi diegene wat op soek is na die perfekte toevoeging tot hul huis, om ‘n draai by Izimbali te maak.

Exit mobile version