Community galleriesLocal news

Hettie Grey van Ermelo gebore en grootgemaak in die VLU

Sy het verskeie pryse vir naaldwerk, kuns, borduur, hekel, kralewerk en blomme rangskik op provinsiale vlak verower, asook by die streekskonferensies en op die VLU se kongresse.

ERMELO – Hettie Grey het onlangs saam met die Vroue Landbou-unie se Robyntak haar 65ste jaar by die VLU gevier.

Volgens haar is sy bykans in die VLU gebore en grootgemaak.

Haar ma het haar op die ouderdom van 17 jaar as lid ingeskryf, maar sy kon op daardie stadium nog net alles wat die vroue gedoen en gemaak het, waarneem.

“Toe ek self aan die kompetisies begin deelneem, was ek al goed gekonfyt daarin,” het Grey gesê.

Sy is getroud toe sy 21jaar oud was, waarna sy na Morgenzon verhuis het.

Grey het by die Sukkelaartak, waar sy vir sowat 35 jaar betrokke was, aangesluit, voor sy by die Millennium-tak op Ermelo en daarna die Robyntak aangesluit het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button