Community galleriesLocal news

VLU Talento Mulhertak kuier by Chrissiesmeer Hotel

Die dag met ’n koppie boeretroos in die hotel se tuin afgeskop.

ERMELO – Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulhertak het onlangs hul maandelikse vergadering tydens ’n besoek aan die Chrissiesmeer Hotel gehou.

Volgens die tak se voorsitter, Veronica Bisshoff, het die vroue die dag met ’n koppie boeretroos in die hotel se tuin afgeskop, terwyl hulle die verskeie diere bewonder het.

Hulle het ook van een van hul lede, Juanita van Rooyen, afskeid geneem. Sy gaan die tak verlaat.

“Ons het meer gelees oor wat Franco van den Berg skryf oor wat Vrouedag vir hom in herinnering roep, en gesels oor die geslagsgeweld in ons land.”

Die opkomende kongres was ook op die besprekingslys, en almal het opgewonde beplan aan die kompetisieartikels wat hulle vir volgende jaar beplan.

Die dag is met ’n middagete geskik vir ’n koninklike afgerond.

Die tak het die hotelpersoneel vir hul gasvryheid bedank.

Indien enige persoon by die tak wil aansluit, skakel Bisschoff by 083 367 6797 of Elsa de Villiers by 072 623 5889.

Related Articles

Back to top button