Community galleriesLocal news

VLU-Robyntak op Ermelo deel wenke vir breiwerk

Die tak samel ook plastiekproppe in om ’n behoeftige kind te help.

ERMELO – Die VLU-Robyntak se vroue het op 10 Augustus by die TLU-Landbousaal byeengekom.

Volgens die tak se voorsitter, Lenie Groenewald, was dit heerlik om weer saam met die taklede wat lank afwesigheid was as gevolg van siekte, te kon kuier, en hulle is dankbaar vir elke lid se herstelling.

Die groep het die konferensie vir 2023 bespreek en hulle geldinsameling vir 31 Augustus beplan.

Susan van Wyk kyk aandagtig na Lenie Groenewald se wenke oor breiwerk. Foto | Susan van Wyk

Hulle sal kerrie-en-rys teen R30 verkoop.

Hulle volgende vergadering sal op 20 September plaasvind.

Indien enigiemand by die tak wil aansluit, kan hulle Groenewald by 073 254 5467 skakel.

Related Articles

Back to top button