Local news

Ermelo-fotograwe neem ‘lekker’ foto’s

Pikkie de Villiers se foto, "Mieshke", het die juniorafdeling vir die vasgestelde onderwerp gewen, en Mari Kruge se foto, "Somewhere Only We Know", het die seniorafdeling gewen.

ERMELO – Met “lekkergoed” die vasgestelde onderwerp vir die Ermelo Fotoklub, het die fotograwe omtrent pret daarmee gehad.

Pikkie de Villiers se foto, “Mieshke”, het die juniorafdeling vir die vasgestelde onderwerp gewen, en Mari Kruge se foto, “Somewhere Only We Know”, het die seniorafdeling gewen.

In die ope-afdeling het Saretha Ferns se foto, “Spikkels”, die 1-sterafdeling gewen.

De Villiers se foto, “Giant Turtle”, is as die 2-sterwenner aangekondig en Adele Smit se foto, “When the Going Gets Tough”, het die 3-sterafdeling gewen.

Indien enigiemand by die klub wil aansluit, stuur ’n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.

Sien al die uitslae in die volgende Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button