Municipal

Ligbron Akademie worstel met stankende spruit

Om sake te vererger bied die skool gereeld sportgeleenthede aan, en die spruit is die grens tussen die rugby-, netbal- en hokkievelde

ERMELO – Die leerders en onderwysers van Ligbron Akademie vir Tegnologie is moedeloos oor die stank en besoedeling van die spruit wat deur die skoolterrein vloei.

Ondanks hulle beste pogings om die rommel daarin te verwyder, sê hulle dit is ‘n onbegonne taak waarvan die einde nooit in sig is nie.

Kevin le Roux, die terreinbestuurder, sê: “Ons wil graag elke persoon wat deur die skool se hekke stap met trots ontvang, maar ‘n mens kan nie anders om skaam te kry oor die toestand van die spruit nie.”

Om sake te vererger bied die skool gereeld sportgeleenthede aan, en die spruit is die grens tussen die rugby-, netbal- en hokkievelde.

Die skool bied ook bergfietswedrenne aan, en dit is hier waardit onder andere ‘n groot knelpunt veroorsaak, siende dat die roete en loopplanke waaroor die fietsryers moet ry oor hierdie spruit strek.

Die Liggies meen hulle is ‘n trotse skool met sterk waardes, maar hierdie besoedeling skend hul beeld.

Die beweerde traagheid van die plaaslike owerheid om in te gryp en te help om met oplossings vorendag te kom, los die skool met hulle hande in die hare.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button