AfriForum meen elektrisiteitstariefverhogings op Ermelo is onwettig

Die Pretoria Hooggeregshof het op 19 Augustus Salga en NERSA se appèl van die hand gewys volgens AfriForum.

ERMELO – AfriForum het die Msukaligwa Plaaslike Owerheid gemaan om onmiddellik gehoor te gee aan ’n hofbevel wat elektrisiteitstariefverhogings as onwettig verklaar indien plaaslike owerhede versuim het om die vereiste kostestudies in te dien.

Die uitspraak is op 19 Augustus in die Pretoria Hooggeregshof gelewer nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Plaaslikeregeringsvereniging, Salga, se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is.

AfriForum het verbruikers aangemoedig om dispuutverklarings teen hulle munisipale rekeninge in te dien ingevolge Artikel 102 van die Munisipale Stelselswet weens die onwettige tariefverhogings.

Vrae is aan Msukaligwa se woordvoerder, Mandla Zwane, gerig. Hoëvelder wag op sy terugvoer.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Exit mobile version