Municipal

Vullisterreine in Mpumalanga ’n groot gemors

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die ernstige tekortkominge wat regdeur die provinsie waargeneem is.

ERMELO – Die vullisterreine op verskeie dorpe in Mpumalanga, insluitende Ermelo, Breyten, Morgenzon, eMkhondo en Carolina, toon kommerwekkende tekortkominge, volgens die jongste onafhanklike vullisterreinoudit deur AfriForum.

Op Ermelo het die vullisterrein ’n onderprestasie getoon met ’n swak nakomingsvlak van 12%, slegter as verlede jaar se 19%.

Die tekort aan behoorlike afvalbeheer en instandhouding van infrastruktuur is veral problematies.

AfriForum se oudit het aan die lig gebring dat die meerderheid van die vullisterreine nie aan die minimumvereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen nie. Foto: Argiewe/Wayne van der Walt

Breyten se vullisterrein vaar nie veel beter nie en het ook nie die oudit geslaag nie.

Die situasie op Morgenzon is besonders kommerwekkend, aangesien die vullisterrein glad nie die oudit kon slaag nie, met ’n skokkende 0%-nakoming.

Die oudit-verslag. Inligting: Verskaf/AfriForum

Die vullisterrein op eMkhondo het ook tekortkominge getoon, alhoewel dit effens beter vaar as sommige van die ander dorpe in die streek.

Op Carolina het die vullisterrein egter aansienlik verswak met slegs 54% nakoming, vergeleke met die vorige jaar se 82%.

 

Vullis word al langs die toegangspad by die Ermelo-vullisterrein gestort. Foto | Argiewe/Wayne van der Walt

Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, het sy kommer oor die ernstige tekortkominge wat regdeur die provinsie waargeneem is, uitgespreek.

Volgens Van Heerden is die swak prestasie van hierdie vullisterreine die gevolg van ’n gebrek aan behoorlike stelsels vir afvalbestuur en onvoldoende opgeleide personeel.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button