Municipal

Ermelo stortterrein se nakomingstellings onder die vergrootglas

Op die plaaslike front is daar na Ermelo, Carolina, Morgenzon en eMkhondo gekyk.

ERMELO – Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het ‘n nasionale projek van stapel gestuur om die toestand van vullisstortingsterreine in Suid-Afrika te ondersoek.

Op die plaaslike front is daar na Ermelo, Carolina, Morgenzon en eMkhondo gekyk.

Die ondersoeke toon ‘n kommerwekkende agteruitgang in die nakomingsyfers, in vergelyking met verlede jaar se data.

ALSO READ: Road to Ermelo’s landfill site requires careful manoeuvring

Verlede jaar was die nakomings-persentasies soos volg: Ermelo het ‘n skamele 8% behaal, terwyl geen oudit by Carolina uitgevoer kon word nie. Morgenzon het slegs 2% aan die nasionale standaarde voldoen, terwyl eMkhondo ‘n relatief beter persentasie van 48% getoon het.

Hierdie jaar het dit egter vir sommiges nog meer verswak: Ermelo het ‘n nakomingspersentasie van 19%, terwyl Carolina ‘n hoë 82% het. Morgenzon en eMkhondo het dramaties lae persentasies van 0% en 22% onderskeidelik getoon.

ALSO SEE: GALLERY – Ermelo’s landfill site a muddy mess

Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, ervaar die meeste vullisstortingsterreine in Mpumalanga ernstige probleme weens finansiële krisisse wat volgens hom dikwels deur wanbesteding van fondse en korrupsie veroorsaak word.

Hy het oor Ermelo se buurdorp, Bethal, gesê: “Die grootste probleem wat AfriForum-takke in Mpumalanga tydens hierdie oudit opgemerk het, is dat dié stortingsterrein al groter word en reeds tot teenaan die R38, die hoofpad tussen Bethal en Standerton, strek. Daar is geen heinings nie en voertuie op dié pad word deur herwinners geteiken.

Dit is ‘n groot bron van kommer, aangesien die munisipale amptenare van die Govan Mbeki Munisipaliteit nie tot verantwoording geroep word nie.”

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het ook gesê: “Daar is ernstige veiligheidskwessies wat kop uitsteek en mense dwing om van vullis op ‘n onwettig wyse ontslae te raak. Herwinners op vullisterreine teiken en beskadig byvoorbeeld voertuie en in sekere gevalle is mense selfs al op die terreine aangerand. In areas waar dit omhein is, is die heinings stukkend.

Sekuriteitswagte, indien daar is, het geen verweer teen die onwettige skare nie.

“’n Algemene probleem is die gebrekkige bestuur van kleiner munisipaliteite, wat onder die las van wanbestuur gebuk gaan. Hierdie situasie kan deels toegeskryf word aan die verdeelde bevoegdhede van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO). Hierdie departement word deur verskeie regeringsvlakke beheer, en kommunikasie tussen provinsiale en munisipale vlakke, asook tussen die DBVO en samewerkende regering en tradisionele sake, is ‘n groot uitdaging. Dit verhinder doeltreffende samewerking en optrede om hierdie probleme aan te spreek.”

Hoëvelder het aan Mandla Zwane, woordvoerder vir die Msukaligwa Plaaslike Owerheid, navrae gestuur, en wag op sy antwoord.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button