Oorvol stortingsterrein op Ermelo hou gesondheidsrisiko in, sê VF Plus

Volgens die verklaring het die VF Plus die terrein besoek en is hy tans besig met skrywes aan die verantwoordelike amptenare en verkose persone op munisipale sowel as provinsiale vlak.

ERMELO – Die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se stortingsterrein is so oorvol dat munisipale vullisvragmotors en die publiek nie toegang daartoe kan kry nie.

So sê Johan Blignaut, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, onlangs in ‘n mediaverklaring.

Volgens die verklaring het die VF Plus die terrein besoek en is hy tans besig met skrywes aan die verantwoordelike amptenare en verkose persone op munisipale sowel as provinsiale vlak.

“Weens verwaarlosing en wanbestuur, hou die munisipale stortingsterrein nou ‘n gesondheidsrisiko vir inwoners in. Dit het ook gelei tot onwettige vullisstortings regoor die dorp,” het Blignaut gesê.

Van die faktore wat volgens hulle bydra tot onwettige storting, sluit in onvoldoende rommelverwyderingsdienste, vertragings in vullisversameling deur die munisipaliteit en die totale afwesigheid van enige formele verwyderingstelsel by informele nedersettings.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Exit mobile version