Municipal

Ermelo-skoonmaker gooi die handdoek in – mense hou aan onwettig stort

Die eienaars het al verskeie oproepe na die munisipaliteit gemaak om die onwettige stortingsterrein aan te meld, en vir hulle was dit die laaste strooi toe iemand hulle onlangs gevra het of hul onderneming langs die 'asgate' is.

ERMELO – Een van die eienaars van ‘n onderneming in Joubertstraat het Hoëvelder onlangs gekontak oor die veld langsaan wat volgens hulle by die dag meer soos ‘n vullisterrein lyk.

Die eienaars, wat verkies om anoniem te bly, sê dat hulle nou al maande self probeer plan maak om van die gemors wat daagliks daar gestort word, ontslae te raak, maar dat dit voel hulle maak geen verskil nie.

“Soos wat ons die een dag die vullis in sakke probeer bymekaargemaak kry en wegry, so kom stort mense net weer hulle gemors daar,” het hulle gesê.

Vullishope word aan die brand gesteek.

Sy sê dat hulle al vantevore ‘n man gekry het om die vullis in sakke te gooi, maar dat hy ná ‘n paar uur se werk vir haar kom sê het dat sy die betaling maar kan hou, want hy gaan nooit klaarkry nie.

Die man het haar vertel dat mense kom en weer gemors strooi daar waar hy klaar skoongemaak het.

Die eienaars het al verskeie oproepe na die munisipaliteit gemaak om die onwettige stortingsterrein aan te meld, en vir hulle was dit die laaste strooi toe iemand hulle onlangs gevra het of hul onderneming langs die ‘asgate’ is.

Related Articles

Back to top button