Municipal

Vandale slaan toe op Ermelo, maar kragbokse bly oop

Nóú moet inwoners boonop gereedmaak vir ongeskeduleerde ontwrigtings wat moontlik mag volg weens vandalisme en kabeldiefstal.

ERMELO – Die Msukaligwa Plaaslike Owerheid het onlangs op sy Facebook-blad verskeie foto’s gepubliseer van al die plekke waar beweerde vandale en/of saboteurs sy mini-substasies beweerdelik beskadig of saboteer.

Die munisipaliteit het egter nog geen antwoord verskaf op verskeie navrae wat voorheen gerig is oor hoe hy beplan om te werk te gaan om sy eiendom te beveilig nie.

Die beweerde vandalisme en diefstal duur dus onverpoosd voort.

Vandalisme in Murraystraat. Foto | Msukaligwa Plaaslike Owerheid se Facebook-blad

Die kommer is telkemale die onderwerp van Hoëvelder se berriggewing, en so ook die veiligheidsimplikasies – of gebrek daaraan.

Hoëvelder het ’n onrusbarende aantal kragbokse wat óf oop was óf glad nie deksels het nie tydens ’n inspeksie op die dorp opgemerk.

Die onlangse vlaag van beurtkragfases en die veragte munisipale kragvermindering is genoeg om enigiemand teen die mure uit te dryf.

Vandalisme in Colomburgstraat. Foto | Msukaligwa Plaaslike Owerheid se Facebook-blad

Nóú moet inwoners boonop gereedmaak vir ongeskeduleerde ontwrigtings wat moontlik mag volg weens vandalisme en kabeldiefstal.

LEES OOK: Msukaligwa Municipality opens case at Ermelo police station

‘n Plaaslike inwoner, Senzo Chili, het gevra wat die munisipaliteit se aksieplan is met betrekking tot die beskadiging van sy eiendom.

Vandalisme op die hoek van PF Vlok- en Tautestraat. Foto | Msukaligwa Plaaslike Owerheid se Facebook-blad

“Jy moet tog sekerlik maatreëls in plek hê as ’n munisipaliteit, nie waar nie?”

Leon Lee Naudé het ook voorgestel dat die munisipaliteit eerder as om foto’s te publiseer, die kwessie moet aanspreek en dat daar patrollie gery moet word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button