Crime

Inwoners van Vredestraat in Ermelo, ontevrede

By bykans elke straatlig is onwettige kabels, sommer buigsame drade, verlengingskoorde- en telefoondrade, te siene.

ERMELO – Wanneer jy in Vredestraat afry, word jy met talle onwettige kragverbindings begroet.

Die El Shadai Praise Centre is ook in hierdie straat geleë, maar in hierdie straat broei glo groot sondes uit.

By bykans elke straatlig is die teer opgelig en onwettige kabels, sommer buigsame drade, verlengingskoorde- en telefoondrade wat tipies nie geskik is om swaar elektriese ladings te dra nie, is oral te siene.

Onwettige kabels wat onder die grond verdwyn, skuins van die spazawinkel wat uit ’n skeepsvraghouer bedryf word. Foto | Wayne van der Walt.

Dit is bloot genade dat die voetgangers wat gereeld op hierdie sypaadjies loop, waar onwettige elektrisiteitsverbindings ook gemaak word, nie geskok word nie.

Wanneer jy regs vanaf Powerstraat by Vredestraat indraai, is daar ’n spazawinkel wat uit ’n skeepsvraghouer bedryf word.

’n Onwettige elektriese verbinding strek regoor die pad en verdwyn skuins van hierdie vraghouer onder die grond in.

Daar heers ook groot kommer oor veral die kinders wat in ’n aangrensende informele nedersetting woon.

Riool wat in Powerstraat opdam, wat die pad onrybaar maak en ‘n uitdaging vir inwoners en werknemers van die Eskom Kliëntenetwerksentrum skep. Foto | Wayne van der Walt.

Kinders wat dalk deur die begraafplaas langs Vredestraat loop, nuuskierig is of net in die omgewing speel, word aan ’n potensieel dodelike risiko blootgestel.

Aangesien die kabels wat gebruik word dikwels nie met ’n aarddraad gekoppel word nie, is die risiko aansienlik hoër omdat daar geen veilige pad vir die elektriese stroom is om na die grond te vloei in geval van ’n fout nie.

Verskeie onwettige elektriese drade wat oor die sypaadjie in Vredestraat loop, wat ‘n gevaar vir die gemeenskap inhou. Foto | Wayne van der Walt.

Hierdie gebrek aan aarding maak dit meer waarskynlik dat enigiemand wat in kontak met die drade kom, die elektriese kring sal voltooi en ’n ernstige of selfs dodelike skok sal kry.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button