Crime

Jong man na bewering deur Ermelo polisie aangerand

Hy sê die ander het hom na die polisievoertuig geneem, waar hulle hom na bewering geslaan en geskop het.

Morné Olivier (20) is na bewering deur lede van die plaaslike polisie aangerand nadat hy op 7 Julie sonder ‘n lisensie op sy motorfiets in die dorp gery het.

Volgens Olivier het die voorval plaasgevind toe hy op pad na ‘n winkel toe was om vir hom en sy meisie versnaperings te gaan koop.

Hy sê terwyl hy by een van die stoptekens stilgehou het, het hy opgemerk dat sekere motors se hoofligte skielik aangegaan het en dat die bestuurders hard op die versnellers getrap het om hulle enjins aan die gang te kry.

Olivier sê hy vermoed dat die mense sy motorfiets wou steel, en daarom het hy begin wegjaag.

“Die mense het my van my motorfiets af probeer gryp, maar ek het daarin geslaag om weg te ry. Ek het so groot geskrik, en toe ek tot stilstand kom om my asem terug te kry, het ek weer die motors gehoor en spore gemaak.”

Morné Olivier is na bewering deur lede van die plaaslike polisie aangerand. Foto | Verskaf

Sowat vier blokke verder beweer Olivier dat ‘n bakkie hom gestamp het. Die polisievoertuig se noodligte was glo af. Dit is eers nadat hulle hom gestamp het, aangeskakel. Sy motorfiets se versneller het glo vasgehaak, en dit het twee blokke verder eers tot stilstand gekom.

Hy sê hier het vier polisiemanne op hom begin skree, terwyl hy aan hulle probeer verduidelik het wat gebeur het.

“Een van die polisiemanne het sy vuurwapen uitgehaal en op my gerig, en gedreig hy gaan my skiet.”

Van die beserings wat Morné Olivier opgedoen het toe hy na bewering deur die plaaslike polisie aangerand is. Foto | Verskaf

Hy sê die ander het hom na die polisievoertuig geneem, waar hulle hom na bewering geslaan en geskop het.

Olivier sê dat drie van die lede hom vasgehou het, en dat die vierde man hom met sy motorfietshelm deur die gesig geslaan en hy sy bewussyn verloor het.

“Hulle het aangehou om my te slaan en te skop, en daarna na die polisiestasie toe geneem.”

Hy kon daarin slaag om van sy familie van die insident te laat weet, en het gevra dat hulle hom by die polisiestasie moet kry.

Met sy pa se aankoms daar het die polisie na bewering ontken dat sy seun in die selle aangehou word, maar volgens Olivier het ‘n lid van Acsu aan sy pa bevestig dat hy wel daar is.

* Olivier het op 7 Augustus in die hof verskyn, die saak is uitgestel na die 14 September.

Lees die volledige berig en antwoord van die polisie in vandeesweek se Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button