111 voorvalle aangemeld tydens AfriForum se landswye massapatrollie

Dit is om 'n proaktiewe benadering tot die bekamping van misdaad in ons land te volg en om sigbaarheid te bevorder.

ERMELO – AfriForum se noordelike buurtwag, wat Gauteng, Limpopo en Mpumalanga insluit, het op 14 en 15 Oktober aan die organisasie se landswye massapatrollie deelgeneem.

Daar is dwarsdeur die jaar verskeie sulke soortgelyke patrollies uitgevoer.

Dit is om ‘n proaktiewe benadering tot die bekamping van misdaad in ons land te volg en om sigbaarheid te bevorder.

Daar was 470 AfriForum-buurtwaglede wat deelgeneem het, met 26 gebeurlikheidsplanne wat ingeoefen en 111 voorvalle wat aangemeld is.

Volgens die organisasie is sigbaarheid van kritieke belang in die bekamping van misdaad. Gevolglik lê die buurtwagte klem op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version