Crime

Jong man breek by huis in Merinostraat in

Die man het na bewering kort nadat die inwoners van die huis vertrek het, by die huis ingebreek.

ERMELO – Die polisie en lede van Acsu het vinnig gereageer, nadat ’n inbraak in Merinostraat aangemeld is.

Volgens inligting het ’n jong man by die motorhuis ingebreek, waarna die huishoudster alarm gemaak het en die polisie is na die toneel ontbied.

Die inwoner het vertel dat Nederland Park onlangs onder verskeie inbrake en gevalle van betreding gebuk gegaan het.

Lede van die SACCW groep het onlangs wenke gedeel om’n gedetailleerde beskrywing van ’n verdagte te kan deurgee.

Dit het ingesluit n beskrywings van die verdagte se hoofbedekking, hare, littekens, velkleur, gesighare, tatoeëermerke, kleregrafika, wapens, juweliersware, hemp, broeke en skoene.

Related Articles

Back to top button