Crime

Polisiebeampte raak beweerdelik hardhandig met Ermelo-vrou

Hoëvelder het aan die polisiewoordvoerder, kapt. Carla Prinsloo, navrae gerig.

ERMELO – ’n Vrou en haar eggenoot het op 24 Augustus met ’n vermeende hardhandige polisiebeampte te doene gekry.

Dit volg nadat ’n botsing in Borderstraat plaasgevind het.

Sy sê dat hulle ’n harde slag gehoor het en gaan ondersoek instel het. ’n Vrou wat vermoedelik onder die invloed van drank was, het sowat drie huise van hulle s’n af haar motor in ’n muur vasgebots.

Die inwoner en haar man, sowel as ’n sekuriteitsbeampte van ’n nabygeleë sekuriteitsfirma, het hul na die toneel gehaas. Die plaaslike polisie is geskakel, waarna ’n voertuig met twee polisiebeamptes ontbied is.

“Die twee polisiebeamptes was uiters beleefd en het moeite gedoen om die vrou te probeer kalmeer terwyl hulle haar in die vangwa probeer laai het om haar na die polisiestasie te neem om haar alkoholvlak te toets,” het die inwoner gesê.

Hulle het glo nie die vrou se samewerking gekry nie, en moes inbel vir bykomende versterking in die vorm van nog vier polisiebeamptes.

Die inwoner sê sy het gevoel dat as die voorval op ’n video opgeneem word, dit dalk in die polisie se guns sou dien om te bewys dat die vrou weerstand gebied het toe hulle haar in die polisievoertuig probeer kry het.

Een van die polisiemanne was glo nie ten gunste hiervan nie, en het na bewering op haar foon beslag gelê en dit op die grond neergegooi.

Hoëvelder het aan die polisiewoordvoerder, kapt. Carla Prinsloo, navrae gerig.

Sy het bevestig dat hul ’n klagte van die betrokke persoon ontvang het en dat die saak intern ondersoek word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button