Motoris bots teen woonkompleks in Ermelo se muur

Die voertuig het eers teen ‘n boom op die sypadjie gebots, voor dit teen die muur tot stilstand gekom het.

ERMELO – ‘n Motoris het na bewering beheer oor haar voertuig verloor, en in Nooitgedacht Estate se muur gebots op 11 Oktober.

Die voertuig het eers teen ‘n boom op die sypadjie gebots, voor dit teen die muur tot stilstand gekom het.

Ermelo polisie het verklarings van die bestuurder geneem, en volgens inligting is geen ernstige beserings aangemeld nie.

Ermelo polisie, Acsu en ETS insleepdienste was op die toneel.

Exit mobile version