Ermelo Lighthouse benodig Ermeloërs se hulp om verskil in mense se lewens te maak

"Die spasie is maar klein en die kaste sal help om meer plek in die kombuis te skep," het Swart gesê.

ERMELO – Van die personeel van die prokureursfirma Bekker, Brink en Brink het op 18 Julie vir Mandeladag hul 67 minute by die Ermelo Lighthouse deurgebring.

Met hul aankoms het die lede pakkies toiletware en komberse aan die bestuur oorhandig.

Die bestuur het die groep op ‘n toer deur die sentrum geneem, en die doel en behoeftes daarvan met hulle gedeel.

Volgens Yzelle Swart, die bestuurder van die sentrum, het hulle ‘n groot nood aan kombuisbenodigdhede. Kombuiskaste en werksbanke word benodig om die voor-bereiding van die daaglikse etes te vergemaklik en om die kombuisware weg te pak.

William Khomamatoli.

“Die spasie is maar klein en die kaste sal help om meer plek in die kombuis te skep,” het Swart gesê.

Ander benodigdhede sluit in ‘n yskas, verlengings-koorde, kragproppe, groot potte en eetgerei, houtlepels, afdrooglappe, skoonmaak-middels en ander kleiner toerusting.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Exit mobile version