MunicipalNews

Oop kragbokse in Ermelo stel lewens in gevaar

Sommige straatligte is met jammerlike vakmanskap sommer aan bome vasgemaak om dit staande te hou.

ERMELO – Die verwaarlosing van die dorp se munisipale kragbokse laat inwoners bekommerd.

Sommige dorpenaars het hul kommer uitgespreek en meen dat dié kragbokse en die vervalle aard van sommiges ’n veiligheidsrisiko inhou wat veral die lewens van nuuskieringe jongelinge in gevaar kan stel.

Drade hang aan flarde aan een van die straatligte.

Hoëvelder het die saak ondersoek en gevind dat dit algemeen op die dorp voorkom.

’n Kragboks in Laffniestraat se agterkant is afgebreek, een in Smutsstraat is onder die gras toegegroei, en ’n ander in Cemeterystraat se deur staan wawyd oop.

Nog ’n kommerwekkende saak is oop kabels wat regoor die dorp teen straatligte en kragpale te siene is, om nie eers te praat van die lamp- en kragpale wat bloot weens genade nog regop staan nie. Sommige hiervan is met jammerlike vakmanskap sommer aan bome vasgemaak om dit staande te hou.

’n Straatlig word aan ’n boom vasgemaak om te verhoed dat dit omval.

Mense word genoop om op die uitkyk te wees vir drade wat aan flarde hang, siende dat kabels aan van die pale nie sorgvuldig geïsoleer word nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button