Local newsNews

Rotweiller-eienaars in Ermelo sê hond het te agressief geraak

Mufasa is onlangs deur diereliefhebbers aangeneem en ’n tweede kans op ’n gelukkige tuiste gebied.

ERMELO – Die eienaars van ’n pragtige rotweiller, Mufasa, moes onlangs die moeilike keuse maak om die hond vir aanneming op te gee.

Volgens Megan Schoeman van Ermelo True Rescue, het die eienaars die besluit geneem omdat Mufasa vir hulle meer agressief geraak het teenoor vreemde mense en hulle wou nie die kans waag dat hy dalk een van hul kinders byt nie.

LEES OOK: Hond wat in stormwaterpyp in Ermelo vasgekeer is, gered

“Hy het bykans geen kontak met ander mense nie en is dus nie gewoond aan vreemdelinge nie, en ons wil graag vir hom ’n liefdevolle huis kry.”

Sy eienaars het gesê dat hy baie liefdevol teenoor sy huismense is, maar die oomblik wat hy vreemde mense naby sy gesin gesien het, was hy dadelik op sy agterpote.

Schoeman het die taak om vir Mufasa ’n nuwe tuiste te soek met ope arms aangegryp, hoewel hy eers vir opleiding in Middelburg geneem is om hom meer gewoond te maak aan ander mense.

Die opleiding het op 9 Julie by ’n opleidingskool plaasgevind en sy het al die vrywilligers wat bydraes gemaak het om dié kursus moontlik te maak, bedank.

Ermelo True Rescue wil dierehawe oprig

Sy het vertel dat die opleiding nodig was om hom aan ander mense gewoond te maak, en dat hulle seker kan wees sodra hy ’n nuwe tuiste kry, hy gehoorsaam sal wees aan die eienaars.

“Die opleiding was goed vir hom, ons kon wel sien dat hy mense nie maklik vertrou nie, maar hy het wonderlik gedoen,”

Schoeman het bevestig dat Mufasa aangeneem is.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button