Winterskleure ’n groot behoefte by die Kinder- en Jeugsorgsentrum op Ermelo

Daar is nou 55 kinders in die sentrum, wat wissel in ouderdom van pasgeborenes tot 18-jariges.

ERMELO – Die Kinder- en Jeugsorgsentrum se bestuur het onlangs hul behoefte aan kinders se winterklere uitgelig.

Die sentrum se bestuurder, Kwanele Zingisa Nzoyi, sê daar is ‘n aansienlike tekort aan klere omdat so baie kinders dieselfde groottes dra.

“Ons glo vanjaar se winter gaan besonders koud wees, so ons moet seker maak dat ons die kinders warm geklee hou om te keer dat hulle nie siek word nie,” het sy gesê.

“Ons sal enige klere waardeer en, indien nodig, dit self herstel sodat ons kinders mooi kan voel en lyk.”

Daar is nou 55 kinders in die sentrum, wat wissel in ouderdom van pasgeborenes tot 18-jariges.

Inwoners kan Nzoyi by 072 484 4349 bel as hulle klere of skoene het wat hulle nie meer nodig het nie, hulle is bereid om dit selfs te kom haal.

Exit mobile version