Terugslag op terugslag vir oud-Ermeloër

Sy was weer op 30 Maart in die hospitaal opgeneem en het die dag daarna ’n operasie van agt ure ondergaan om die gewasse te verwyder.

‘n Oudinwoner van Ermelo, Julie van Rooyen, se dogter, Angelique Williams, het onlangs na die gemeenskap vir hulp uitgereik nadat haar ma in Februarie vanjaar ernstig siek geword het, en sedertdien verskeie mediese behandelings nodig het.

Williams het vertel dat Van Rooyen se gesondheid skielik verswak het, nadat hulle vermoed het dat hulle Covid-19 opgedoen het.

“My ma het begin kla dat sy geen gevoel in haar voete het nie, en van erge pyne in haar bene. Die pyn het vereger tot so ‘n mate dat sy nie eers kon opstaan nie.”

Hulle het die ambulans ontbied. Van Rooyen is in die hospitaal opgeneem en verskeie toetse, X-strale, MRI-skanderings en bloedtoetse, is gedoen.

Sy het positief vir Covid-19 getoets, maar die dokters het ook twee gewasse in haar ruggraat opgemerk.

 

Weens die positiewe Covid-toets moes Van Rooyen vier weke wag voordat sy ’n operasie om die gewasse te verwyder, kon ondergaan.

Sy was weer op 30 Maart in die hospitaal opgeneem en het die dag daarna ’n operasie van agt ure ondergaan om die gewasse te verwyder.

’n Week later was die dokters tevrede met Van Rooyen se vordering en is sy ontslaan.

Dit was egter van korte duur, en sy het kort daarna begin kla van moegheid en naarheid, en haar dogter het opgemerk dat sy deurmekaar praat en baie sleg eet.

Weer is Van Rooyen in die hospitaal opgeneem.

Williams doen ’n beroep op enige persoon wat hulle kan help om haar ma te versorg.

Die gesin het ’n trustrekening by Pas Prokereurs geopen om geld in te samel vir Van Rooyen se mediese uitgawes.

Enige persoon wat ’n bydrae wil maak kan die rekening gebruik: Pieter Stofberg Ingelyf Trust, FNB Ermelo, takkode 270344, trustrekening, rekeningnommer 62092150326, verwysing: VAN1107/1.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Exit mobile version