Local newsNews

“Ons kind se laaste dae en ure hardloop steeds deur ons gedagtes”

Met Internasionale Neuroblastoom-week wat vanaf 13 tot 19 Junie plaasgevind het, het sy weer eens die belangrikheid van kennis oor dié kanker beklemtoon.

ERMELO – Hoëvelder het onlangs by me. Maggie van Wyk, wat haar seun Teagan sowat sewe maande gelede weens kanker aan die dood afgestaan het, gaan uitvind hoe dit met die gesin gaan.

Teagan het op 16 November 2021 sy stryd teen die seldsame kinderkanker, neuroblastoom, verloor.

Maggie het gesê dat elke dag sy eie uitdagings bring, maar dat sy en haar man, Hannes, mekaar ondersteun en steeds sterk staan in hul geloof.

“Hoewel ons op die goeie tye en gelukkige herinneringe fokus, kan ons dit nie doen sonder dat sy laaste dae en ure ook deur ons gedagtes gaan nie, en ons wêreld weer van voor af op sy kop gegooi word nie,” het sy gesê.

Met Internasionale Neuroblastoom-week wat vanaf 13 tot 19 Junie plaasgevind het, het sy weer eens die belangrikheid van kennis rondom dié kanker beklemtoon.

Neuroblastoom tas meestal kinders van vyf jaar of jonger aan, alhoewel dit tot soms by ouer kinders kan voorkom.

Lees die Hoëvelder vir die volledige berig.

Related Articles

Back to top button