VLU Robyn kuier op Chrissiesmeer

Die vroue het deur die strate van Chrissiesmeer gestap en verskeie historiese geboue besoek

ERMELO – Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Robyntak het onlangs gedurende die maandelikse vergadering Chrissiesmeer gaan besoek.

Hulle het ’n draai by McCloud’s gaan maak, waar dié bekwame vroue vir hulle gewys het hoe hulle ’n driekwartduvet in ’n uur klaargemaak het, en vrae rondom die naaldwerk beantwoord.

Daarna het die vroue by die Billiard Room gaan kuier, waar hulle vergader het om die volgende konferensie se items te bespreek.

Die vroue het deur die strate van Chrissiesmeer gestap en verskeie historiese geboue, onder andere die kerk, tronk, die Barclays Bank en ook die Monument vir Boerekrygers besoek.

VLU Robyn se volgende vergadering sal op 19 Julie plaasvind.

Indien enigiemand by die tak wil aansluit, kan hulle die voorsitter, me. Lenie Groenewald, by 073 254 5467 kontak.

Exit mobile version