Local newsNews

VLU Robyn kuier op Chrissiesmeer

Die vroue het deur die strate van Chrissiesmeer gestap en verskeie historiese geboue besoek

ERMELO – Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Robyntak het onlangs gedurende die maandelikse vergadering Chrissiesmeer gaan besoek.

Hulle het ’n draai by McCloud’s gaan maak, waar dié bekwame vroue vir hulle gewys het hoe hulle ’n driekwartduvet in ’n uur klaargemaak het, en vrae rondom die naaldwerk beantwoord.

Daarna het die vroue by die Billiard Room gaan kuier, waar hulle vergader het om die volgende konferensie se items te bespreek.

Die vroue het deur die strate van Chrissiesmeer gestap en verskeie historiese geboue, onder andere die kerk, tronk, die Barclays Bank en ook die Monument vir Boerekrygers besoek.

VLU Robyn se volgende vergadering sal op 19 Julie plaasvind.

Indien enigiemand by die tak wil aansluit, kan hulle die voorsitter, me. Lenie Groenewald, by 073 254 5467 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button