Ermelo-vroue het ‘n oog vir kuns

Die mislukte soektog na 'n perfekte oplossing wat bekostigbaar maar ook uniek was, het hulle gedwing om verskeie produkte te meng totdat hulle daarmee tevrede was.

ERMELO – By die pragtige kombuistafel in die stylvolle huis van me. Heibré Botha, het sy vertel dat sy onlangs as die wenner van week vier van die Mr Price Home Rookie Stylist-kompetisie aangewys is.

Die algehele wennner van dié kompetisie sal na die sluitingsdatum op 19 Junie aangekondig word.

Me. Botha is bekend op Ermelo as ‘n kreatiewe persoon met ‘n oog vir enigiets moois.

Sy het besluit om vir die kompetisie in te skryf om haar en een van haar vriendinne, me. Celia van der Walt, se produk wat hulle binnekort loods, te begin bemark en vir mense te wys hoe veelsydig dit is.

Oral op me. Botha se huismure en selfs in haar badkamer pronk dit.

Die produk, wat Calibre genoem word, sê me. Botha is ‘n pleister-en-verf-produk wat op bykans enige tekstuur gebruik kan word om dit weer nuwe lewe te gee.

Dit gaan in sowat vyf verskillende kleure beskikbaar wees.

Calibre het ontstaan nadat sy en me. Van der Walt verlede jaar genader is om vir Ermelo Gholfklub se klubhuis ‘n nuwe baadjie aan te trek.

Die mislukte soektog na ‘n perfekte oplossing wat bekostigbaar maar ook uniek was, het hulle gedwing om verskeie produkte te meng totdat hulle daarmee tevrede was.

Hulle het die afgelope jaar hard gewerk om dit te ontwikkel tot waar die eindproduk nou gereed is om geloods te word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Exit mobile version