CrimeNews

CMR nooi belangstellendes na weeklikse Narkotika Anoniem

Die CMR bied daarom ook Narkotika Anoniem-groepe elke Dinsdag om 15:30 aan.

ERMELO – Die probleem van beweerde dwelmmisbruik in De Jager- en Oosthuizestraat het inwoners onlangs weer aan die gons gehad.

Dit het gekom nadat die Valke in die dorp toegeslaan het, en die gemeenskap het gewonder waarom hulle nie op die beweerde openlike verbruik, fokus nie.

Hoëvelder het by verskeie geleenthede verby die genoemde gebiede gery, waar ‘n groep mense met naalde opgemerk is waar hul mekaar inspuit.

In ‘n vorige onderhoud met me. Jeanette Motsanai, ‘n plaaslike maatskaplike werker, het sy gesê dat meeste van die dwelmverslaafdes haweloos is en deur hul families verstoot word.

Hoewel hierdie mense vir verskeie redes op straat beland het, is dit vir meeste van hulle maklik om in die groef van verslawing te verval.

Me. Motsanai het vroeër gesê dat enige persoon wat in ‘n rehabilitasiesentrum was en terugkeer, ‘n baie sterk en stabiele ondersteuningsnetwerk benodig om suksesvol in die samelewing te funksioneer.

Die CMR bied daarom ook Narkotika Anoniem-groepe elke Dinsdag om 15:30 aan.

Vir meer inligting rondom die groepe, kontak me. Motsanai by 079 799 9956.

Related Articles

Back to top button