News

Amersfoort VLU-tak leer meer oor raglanmou-kindertrui en skryf van prosa

Me. Buksie Bam het die vroue so bietjie meer oor die raglanmou-kindertrui met oorskiet breigare, asook ’n toiletsakkie wat kan oop- en toevou, vertel.

AMERSFOORT – Die plaaslike VLU se lede het op 10 Mei hul vyfde maandvergadering by die AGS Kerksaal op die dorp gehou.

Die tema vir die byeenkoms was, Bring ’n boksie langlewemelk.

Me. Buksie Bam het die vroue so bietjie meer oor die raglanmou-kindertrui met oorskiet breigare, asook ’n toiletsakkie wat kan oop- en toevou, vertel.

Daarna het me. Suzanne Walsh haar kennis oor die skryf van prosa met hulle gedeel.

Volgens me. Margaret Van Niekerk, is die VLU-vroue hard besig om te oefen om gestapelde koppies te teken.

“Daar word op 28 Mei om 08:15 vir 08:30 ‘n kunsklas by die AGS Kerksaal aangebied en almal is welkom om dit by te woon. Bevestig net dat u kom by me. Walsh op 083 375 5817,” het sy gesê.

Die tak se volgende vergadering vind op 14 Junie plaas.

Related Articles

Back to top button