Local newsNews

Frané Swart presteer by Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Fisiek Gestremdes

Sy het in al drie haar items tweede geëindig, ten spyte van die feit dat sy as 18-jarige in die vroue o. 20-afdeling moes deelneem

Frané Swart, ’n gr. 12-leerder van Hoërskool Ermelo, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Fisiek Gestremdes deelgeneem.

Sy het in al drie haar items tweede geëindig, ten spyte van die feit dat sy as 18-jarige in die vroue o. 20-afdeling moes deelneem. Haar items is verspring, 100m en 200m.

Frané het ook in die 200 m-wedloop haar persoonlike beste tyd aangeteken.

Frané Swart in aksie tydens een van haar hardloopitems. Foto | Andries Kruger

LEES OOK: Fratsongeluk verander koers van Frané Swart van Ermelo se lewe drasties

Haar nuwe seisoen vir atletiek begin weer in Augustus.

“Die Erries is trots op Frané en die harde werk wat dit deurentyd verg om sukses te bereik. EHS wens haar alle sterkte toe vir die komende seisoen, maar ook vir haar atletiektoekoms,” het mnr. Pieter Grobler, die skoolhoof, gesê.

Haar lewe het op 21 Oktober 2011 verander toe ’n klimraam tydens ’n fratsongeluk op haar nek geval en haar bewusteloos gelaat het.

Sy is na Trichardt oorgeplaas waar ’n MRI gedoen is, en die dokters het die skokkende nuus dat sy ’n parapleeg gaan wees aan haar ouers oorgedra.

Frané, wat steeds bewusteloos was, is die volgende dag na Meulmed Hospitaal in Pretoria oorgeplaas waar sy in die intensiewesorgeenheid opgeneem is.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button