VIDEO – Hond wat uit stormwaterpyp gered is, kry ’n nuwe tuiste

’n Weldoener het kort na die reddingspoging aangebied om die hond ’n tydelike tuiste te bied, terwyl die soektog na sy eienaars geloods is.

ERMELO – Die hond wat op 5 April uit ’n stormwaterpyp op die kruising van Ennis- en Naudéstraat gered is, het ’n nuwe tuiste gekry. 

’n Weldoener het kort na die reddingspoging aangebied om die hond ’n tydelike tuiste te bied, terwyl die soektog na sy eienaars geloods is.

Mnr. Henk Beekman wat ’n tydelike huis aan die hond gebied het, het nadat sy eienaars nie opegspoor kon word nie, besluit om hom aan te neem.

“Sy naam is nou Oupa en hy pas baie goed hier aan,” het mnr. Beekman vertel.

Tydens die Hoëvelder se besoek aan mnr. Beekman het Oupa sy nuwe huis en hondemaatjies vreeslik geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version