Ermelo True Rescue wil dierehawe oprig

Die groep fokus ook daarop om diere te laat aanneem, en doen inspeksies om te verseker dat die diere na ’n liefdevolle huis gaan.

ERMELO – Ermelo True Rescue is ’n bekende diereorganisasie op die dorp wat die belange van rondloperdiere op die hart dra.

Me. Megan Schoeman, die stigter van Ermelo True Rescue, het gesê dat hulle die organisasie in Augustus 2021 op die been gebring het en dat hulle groot planne vir die toekoms het.

Daarvoor het hulle egter die hulp van die gemeenskap nodig.

Die groep fokus ook daarop om diere te laat aanneem, en doen inspeksies om te verseker dat die diere na ’n liefdevolle huis gaan.

Me. Pretty Phewa van Ermelo SPAR saam met me. Sandy Volker wat die donasie vir Ermelo True Rescue ontvang het. (Foto: Verskaf deur Ermelo True Rescue)

Hulle doen ’n beroep op al die inwoners om te verseker dat hulle troeteldiere te alle tye veilig toegemaak is.

Die hoeveelheid rondloperdiere het die afgelope tyd toegeneem, en die stigters van die organisasie beplan om ’n veilige hawe vir hulle te bou.

Me. Schoeman het gesê hulle steeds opsoek is na ’n beskikbare perseel, en ook boumateriaal om die geboue op te rig, benodig.

Lees meer hieroor in die Hoëvelder.

Exit mobile version