NewsSchools

MLA bied Afrikaans is Groot aan

Al die skool se leerders van gr. R tot 12 het die geleentheid om op die maat van Afrikaanse musiek te sing en dans, geniet.

MORGENZON – Na maande se oefen en onsekerheid, het Morgenzon Landbou Akademie se revue, Afrikaans is Groot, uiteindelik afgespeel.

Al die skool se leerders van gr. R tot 12 het die geleentheid om op die maat van Afrikaanse musiek te sing en dans, geniet.

Die gehoor is deur ’n propvol program begelei, terwyl mnr. Pierre Venter en me. Nelanie Smith hulle met pittige staaltjies vermaak het.

Volgens mnr. Alex Wehmeyer, die skoolhoof, het die program van een hoogtepunt tot ’n volgende gevloei wat die gehoor op die punte van hul stoele gehou het.

“Wat ’n belewenis om die hele skool se kinders op een verhoog te kon sien,” het mnr. Wehmeyer gesê.

Hy het elke leerder en onderwyser wat hard gewerk het om van die aand ’n sukses te maak, bedank.

“In besonder ook dankie aan mnr. Pierre Venter, me. Almarie Broekman en me. Judy Power wat aan die stuur van sake gestaan het.”

Related Articles

Back to top button