NewsSchools

Hoërskool Ermelo se groentjieskonsert sorg vir groot opwinding

Dit was egter die Dorpies-dirigente wat die monde laat oophang het en die verbeelding aangegryp het met hul “Steampunk”-tema.

ERMELO – Hoërskool Ermelo se jaarlikse groentjieskonsert is ’n eeu oue tradisie wat vir groot opwinding, strawwe kompetisie en komiese vermaak sorg.

Vanjaar se konsert was geen uitsondering nie. Die dag het oudergewoonte begin met die gr. 11-dirigente se opkoms.

Hoërskool Ermelo se Huis Veltman-dirigente. (Foto: Verskaf)

Nelstehuis se “FBI”-tema het die oggend afgeskop, gevolg deur die manne van Huis Veltman met hul “Money Heist”-tema.

Dit was egter die Dorpies-dirigente wat die monde laat oophang het en die verbeelding aangegryp het met hul “Steampunk”-tema.

Die leerders het daarna die geleentheid gehad om vir die eerste keer in drie jaar ’n optog te hou, en het hul gees en harde werk deur die strate van Ermelo ten toon gestel.

Hoërskool Ermelo se Nelstehuis-koshuisdirigente. (Foto: Verskaf)

Die gr. 12-leerders van Dorpshuis, Huis Veltman en Nelsthuis het agt dae gehad om ’n oorspronklike storie te skryf, dekor te bou, kostuums te ontwerp en hul gr. 8-leerders reg te kry vir die konsert.

Elke jaar kry die huise verskillende temas, en vanjaar se karakters was gebaseer op Toy Story. Die konsert moes ook die Errie-waardes, harde werk en Errie-hart, sowel as ’n nuusbulletin en ’n advertensie insluit.

Hoërskool Ermelo se Dorpshuis-dirigente. (Foto: Verskaf)

Elke huis het hom uitstekend van sy taak gekwyt en ’n konsert van hoogstaande gehalte op die planke gebring.

Huis Veltman is as die algehele wenner aangekondig.

Die volgende pryse is uitgedeel:

  • Beste dirigente – Dorpshuis
  • Beste hulpdirigente – Nelstehuis
  • Beste huisdans – Nelstehuis
  • Beste tema-uitbeelding – Nelstehuis
  • Beste advertensie – Huis Veltman
  • Beste kostuums – Nelstehuis
  • Beste dekor – Huis Veltman
  • Beste groentjiesdans – Nelstehuis
  • Beste humor in storie – Huis Veltman
  • Beste nuusberig – Nelstehuis
  • Beste storieverteller – Joshua du Toit van Huis Veltman
  • Beste akteur – Ruan Ludwig van Huis Veltman
  • Beste aktrise – An-Euné van Niekerk van Nelstehuis
  • Beste gebruik van verrassingselement – Huis Veltman
  • Merietetoekenning – Clarissa Nel en Elané Nel van Dorpshuis
  • Beste konsert – Huis Veltman.

Related Articles

Back to top button