Local newsNews

Ermelo se Amor Harmse beloon vir 10 jaar se lidmaatskap by VLU

Volgens me. Elsa de Villiers, die skakelbeampte van die Talento Mulher-tak, waar me. Harmse later aangesluit het, het hulle jaarliks gesien hoe sy groei in alles wat sy by die tak aangepak het.

ERMELO – Me. Amor Harmse het vanjaar haar 10 jaar lidmaatskap by die Vroue Landbou-unie (VLU) gevier.

Sy het in 2008 op 13-jarige ouderdom by die Avendster-tak aangesluit.

Spesiale toestemming moes vooraf vir haar verkry word om by die tak aan te sluit, omrede die lede eers 16 jaar moet wees om deel van die VLU te wees.

Volgens me. Elsa de Villiers, die skakelbeampte van die Talento Mulher-tak, waar me. Harmse later aangesluit het, het hulle jaarliks gesien hoe sy groei in alles wat sy by die tak aangepak het.

Met meer selfvertroue het sy aan kompetisies begin deelneem en uitgeblink in veral die gebottel-, gebak- en kunsafdelings.

Die lede van die Talento Mulher-tak het haar met die mylpaal wat sy behaal het, geluk- en sterkte toegewens vir haar artikels vir die jaar.

Indien enige persoon by hulle wil aansluit, kan hulle me. Elsa de Villiers, skakelbeampte van die tak, by 072 623 5889 kontak.

Related Articles

Back to top button