NewsSchools

Erries-landsdieners aan’t woel en wikkel

Me. Carina Verster het die Erries geleer hoe om tamatie-, koljander- en basiliesade in bioafbreekbare houers te plant.

ERMELO – Hoërskool Ermelo se Landsdiensklub het vanjaar reeds drie byeenkomste gehad waartydens die Errie-Landsdieners gewys het dat hulle slaggereed is vir die jaar wat voorlê.

Tydens die eerste byeenkoms was daar ’n skattejag gehou wat uit vier kategorië bestaan het: liefde vir God, wat die vorm van Bybelvasvra geneem, liefde vir jou medemens, waartydens speletjies gespeel is, liefde vir die natuur, waar leerders plantspesies moes identifiseer, en liefde vir arbeid, toe die leerders fisiese oefeninge gedoen het.

Die leerders is in vier spanne ingedeel en het elkeen na die volgende kategorie aanbeweeg.

Die tweede byeenkoms was ’n kenmekaarsessie, toe belangrike reëlings aan die leerders deurgegee is.

Me. Carina Verster het tydens die derde ontmoeting die Erries geleer hoe om tamatie-, koljander- en basiliesade in bioafbreekbare houers te plant.

Die Landsdieners het ook oor hergebruik, herwinning en omgewingsbewustheid en -bewaring geleer.

Me. Lizanne Dippenaar, me. Zara Büchling, me. Carina Verster and mnr. Ruben Fouché het alle Erries uitgenooi om by die Landdiensklub aan te sluit.

Related Articles

Back to top button