OPVOLG – Carolina polisiewoordvoerder korrigeer homself oor aantal verdagtes in hofsaak

Die saak is tot 16 Mei uitgestel en die verdagtes sal in aanhouding bly. 

OPVOLG: 8 Maart – 08:00

Tussen veranderlike mediaverklarings wat deur die polisie uitgereik is, wil Carolina polisie se woordvoerder, ser. Thabang Mokwana, die rekord regstel. 

Daar is op 7 Maart, voor die hofverskyning van die verdagtes in die moordsaak van me. Leonore Steenkamp (64) en mnr. Renier Lense (83), ‘n mediaverklaring deur Carolina polisie uitgereik waar daar na ses verdagtes in die saak verwys is. 

‘n Tweede persverklaring is later die dag ook deur die polisie uitgereik, met verwysing na slegs vyf verdagtes wat in die hof verskyn het.

By verdere navraag aan ser. Mokwana het hy gesê dat die sesde verdagte egter nie aangekla is nie.

Die vyf verdagtes, naamlik, Sboniso Nkosi (23), Sabelo Innocent Langa (22), Promise Nxumalo (22), Njabulo Glen Shongwe (20) en Sandile Shepard Nkambule (19) se borgtogaansoek is teengestaan. 

Die saak is tot 16 Mei uitgestel en die verdagtes sal in aanhouding bly. 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van di e Hoëvelder.


OPVOLG: 7 Maart – 10:25

Die Hoëvelder is meegedeel dat daar nog ’n verdagte, Sboniso Nkosi (23), teregstaan op die moord van die bejaarde egpaar in Carolina.  Dit beteken dus dat ses mans vandag in die Carolina Landdroshof sal verskyn vir borgtog-aansoek en nie vyf soos vroeër berig nie.

 


OPVOLG: 7 Maart – 09:30

Lede van die Bittereinders saam met die familie en mnr. Petrus Pakamile Sitho, gaan nou die Carolina landroshof binne waar die vyf verdagtes binnekort sal verskyn.


VIDEOS – Gemeenskap staan saam na moord op bejaardes van Carolina

7 Maart – 09:13

CAROLINA – Inwoners van Carolina, saam met lede van die Bittereindes en mnr. Petrus Pakamile Sitho het saam gestaan toe die vyf verdagtes, in die moord op me. Leonore Steenkamp (64) en mnr. Renier Lense (83) in die hof verskyn het.

Die vyf mans, Sabelo Innocent Langa (22), Promise Nxumalo (22), Njabulo Glen Shongwe (20) en Sandile Shepard Nkambule (19) en nog ‘n verdagte staan tereg op aanklagtes van moord en roof en het op 24 Februarie in die hof verskyn.

Verskeie inwoners het voor die hof byeengekom en aangedring dat die beskuldigdes se borgtog teengestaan moet word, waarna die saak tot vandag, 7 Maart vir formele borgtogaansoek uitgestel is.

Die beskuldigde is op 22 Februarie aangekeer.

Die liggame van me. Leonore Steenkamp (64) en mnr. Renier Lense (83) is omstreeks 07:10 daardie dag in hul woonstel gevind.

LEES OOK: Bejaardes se liggame in hul huis gevind  

Exit mobile version