Local newsNews

Ermelo se Suzanne Volschenk-Walsh as skrywer van die jaar aangekondig

Verder is daar ook van haar verhale in die SA Skrywers se bundel, As die woestyn blom, opgeneem.

ERMELO – Me. Suzanne Volschenk-Walsh is onlangs as die Vroue Landbou-unie (VLU) se Skrywer van die Jaar gekies.

Name wat haar die afgelope drie jaar vooruitgegaan het, was Deon Meyer, Ruda Landman en Hykie Berg.

“Ek het nie genoeg woorde om die mense wat my genomineer het, te bedank nie,” het me. Volschenk-Walsh gesê.

Sy het sowat drie jaar gelede begin om verhale uit haar verlede neer te pen. Sy het haar eerste boek, Katariena Katrien Katryn, ’n skets van haar lewe asook ander ervarings, met haar 50ste verjaardag geskryf.

Sedertdien het sy by verskeie skrywersgroepe op Facebook aangesluit, en sê dat sy vir die eerste keer besef het dat daar soveel mense is wie se lewe soos hare om woorde draai.

Een van haar kortverhale, Bitter water, is in die bundel Koffers vol hoop opgeneem. Dié bundel word gratis aan boere wat deur droogtes geteister word, geskenk.

Verder is daar ook van haar verhale in die SA Skrywers se bundel, As die woestyn blom, opgeneem.

In 2021 het me. Volschenk-Walsh die eer gekry dat twee van haar gedigte goedgekeur is om in die Genootskap van Handhawing van Afrikaans (GHA) se Stemme uit Suiderland 16, die digbundel van 2022, gepubliseer te word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button