CHRISSIESMEER – Die Tussen Treine-groep, onder leiding van die oudtreindrywers, mnre. Eddie Joubert en Krieks van der Merwe, het vanaf 10 tot 13 Februarie ‘n reünie by Teen die Meer gehou.
Dié vyf dae lange reünie was ‘n heerlike samesyngeleentheid vol onthou-oomblikke en kosbare herinneringe.
Die groep bestaan uit voormalige werkers van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Vervoerdienste.
Die dag is met Skriflesing en gebed geopen, waarna daar heerlik saam ontbyt geëet is.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.