NewsSchools

Hoërskool Ermelo verwelkom gr. 8-“pitte”

Die leerders het hulself vinnig in hulle in die Dorpshuis, Huis Veltman en Nelstehuis, waarna hulle op 11 Januarie die skool onder leiding van die Errieraad en personeel verken het.

ERMELO – Hoërskool Ermelo het op 10 Januarie die nuwe gr. 8-leerders verwelkom.

Die tema vir vanjaar se groep is “van pit tot plant”.

In die volgende vyf jaar gaan die Erries hierdie pitte met water wat bestaan uit die skool se kernwaardes, eerlikheid, lojaliteit, nederigheid en integriteit gee.

Die leerders het hulself vinnig in Dorpshuis, Huis Veltman en Nelstehuis ingerig, waarna hulle op 11 Januarie die skool onder leiding van die Errieraad en personeel verken het.

Op Woensdag 12 Januarie is hulle op die Errie-manier deur die res van die leerders verwelkom.

EHS se gr. 8-kamp het op 14 Januarie met heerlike speletjies, ken-mekaar aktiwiteite en pret afgeskop waartydens die leerders ook geleer het wat dit behels om ’n Errie te wees.

Die kamp is met die baadjieseremonie afgesluit.

“Dit was duidelik dat hierdie “pitte” reeds die Errie-hartklop verstaan, want die verrigtinge is afgesluit met die skoollied wat uit volle bors gesing is,” het mnr. Pieter Grobler, skoolhoof gesê.

“Baie welkom aan ons gr. 8’s en elke nuwe Errie-ouer, mag u die volgende vyf jaar sién hoe u kind blom,” het mnr. Grobler afgesluit.

Related Articles

Back to top button