Ermelo Tuinbouklub is vuur en vlam vir die nuwe jaar

Pak jou piekniekmandjie en onthou jou gemaklike stapskoene, hoed, veldblomboeke, sambreel en opvoustoel vir die staproete deur die veld.

ERMELO – Die Tuinbouklub bied op Saterdag 15 Januarie ’n Hoëveldse veldblomdag by Phumula op die Roodewal-plaas aan.

Me. Elmarie Cilliers, die voorsitter, het alle inwoners genooi om die dag saam met hulle deur te bring.

Die koste beloop R100 per persoon.

Pak jou piekniekmandjie en onthou jou gemaklike stapskoene, hoed, veldblomboeke, sambreel en opvoustoel vir die staproete deur die veld.

Mnr. Shobie Arnoldi ’n weiveld-ekoloog van die dorp, sal as die spreker optree. Hy het ’n B.Sc-honneursgraad in plantkunde, in die spesialiteitsrigting van veldversterking verwerf.

“Die plantegroei vertel ‘n verhaal, en die dinamika van die veld is iets ongeloofliks,” het mnr. Arnoldi gesê.

Vir meer inligting kontak me. Cilliers by 079 690 0330.

Exit mobile version