Vanuit die EHS-hoof se kantoor

Ons kan ook nie anders as om vir die Ermelo-gemeenskap dankie te sê nie – nie slegs vir ondersteuning vanjaar nie, maar vir verbintenisse oor baie jare.

Met ’n terugblik op 2021, kan ’n mens nie anders as om weer eens dankbaar te wees vir ’n geseënde jaar nie.

2021 was gevul met dít waarvoor die Erries bekend is: mooi prestasies, sukses op akademiese gebied, sportprestasies, ’n musiekblyspel, geleenthede en mense wat vir mekaar omgee.

Ons kan ook nie anders as om vir die Ermelo-gemeenskap dankie te sê nie – nie slegs vir ondersteuning vanjaar nie, maar vir verbintenisse oor baie jare.

Ons beheerliggaam, die Errie-ouers en personeel verdien ook ’n spesiale woord van dank.

Met die aanbreek van die einde van ’n skooljaar, is dit vanselfsprekend om vir ’n oomblik stil te staan en bewus te word van die wonder van Kersfees.

Mag ons almal, soos die wyse manne van ouds, na die Bron van Lig gelei word.

’n Gelukkige Kersfees vir almal. Mag die Vader elkeen opreg seën.

Errie-groete
Mnr. Pieter Grobler

Exit mobile version