NewsSchools

Ligbron wens Ermelo-gemeenskap vrede en vreugde toe

Die Liggies is opreg dankbaar vir die Ermelo en breër gemeenskap se insette in ons skool en kinders – julle hou die hoop lewendig!

Die voortslepende pandemie in 2021 het menige gesin in ons gemeenskap op emosionele sowel as finansiële gebied hard getref.

Die Liggie-familie het ook kollegas en ouers moes groet, maar tog hoor ons daagliks verhale uit ons gemeenskap van mense wat mekaar ondersteun en bystaan in desperate en hartseer tye – en dit gee ons weer hoop!

Ligbron se boodskap bly daarom eenvoudig: Wees jy die hoop … wees jy die lig in iemand anders se donker tyd, steek jy weer die vlammetjie van positiwiteit rondom jou aan.

Die Liggies is opreg dankbaar vir die Ermelo en breër gemeenskap se insette in ons skool en kinders – julle hou die hoop lewendig!

Mag die vrede en vreugde in elkeen se huis hierdie Kersgety wees, en mag geloof, hoop en liefde die geskenke wees wat jou hart vul, want ons het tog die grootste geskenk reeds ontvang.

Johannes 3:16: “Want God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” (NLT)

Related Articles

Back to top button