Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Vroue Landbou-unie se Robyntak in Ermelo ryg die pryse in

Me. Elize Boers se masjien geborduurde teenet het ’n derde plek en me. Lenie Groenewald s'n ’n vierde plek gekry.

ERMELO – Die lede van die Vroue Landbou-unie se Robyntak het op 10 November hul maandelikse vergadering aan huis van me. Hettie Grey gehou.

Me. Susan van Wyk, die tak se skakel, sê dat hulle heerlik op die plaas, weg van die dorp se geraas, gekuier het.

Daar is verskeie sake bespreek, en drie van die lede is ook gelukgewens met die besonderse prestasies wat hul artikels op nasionale vlak behaal het.

Me. Elize Boers se masjien geborduurde teenet het ’n derde plek en me. Lenie Groenewald s’n ’n vierde plek gekry.

Me. Anita Joubert se foto het ’n sewende plek behaal.

Me. Hettie Grey se 80ste verjaardag is ook ná die vergadering met heerlik eetgoed gevier.

Dié tak se volgende vergandering sal op 7 Desember plaasvind, wat dan ook hul jaarlikse afsluiting sal wees.

Vir meer inligting oor die VLU Robyntak, skakel die voorsitter, me. Groenewald, by 073 254 5467.

Related Articles

Back to top button