CrimeNews

Gewapende mans dreig Ermelo-inwoners tydens huisinbraak

Hulle het kruideniersware en ’n rugsak ter waarde van R2 000 geneem en van die toneel gevlug.

ERMELO – Twee gewapende huisinbrake het onlangs plaasgevind en die polisie is steeds op soek na die verdagtes.

Volgens konst. Nomcebo Msezane, ‘n woordvoerder van die Ermelo-polisie, het die eerste voorval op 13 November om ongeveer 01:00 plaasgevind.

Vyf mans gewapen met messe het ’n huis in Nomzamo betree terwyl die inwoners, ’n ma en haar dogter, geslaap het.

“Die verdagtes het hulle met die messe gedreig,” het konst Msezane gesê.

Hulle het kruideniersware en ’n rugsak ter waarde van R2 000 geneem en van die toneel gevlug.

’n Tweede huisinbraak het op 17 November in Jannie de Waalstraat plaasgevind.

Die inwoner van die huis het wakker geword en ses gewapende mans in die huis gewaar.

Hulle het ’n wapen op hom gerig en R15 000 en drie selfone gebuit.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die inbrake om die speurder, konst. Bheki Masina, by 017 819 2321 of 017 819 2328 te skakel.

Related Articles

Back to top button