Local newsNews

Ermelo Fotoklub kondig November-wenners aan

NG Kerk Debruinpark bymekaargekom, en hulle inskrywings is deur mnr. Peter Cavanagh van Midlens Fotoklub beoordeel.

ERMELO – Ermelo Fotoklub het op 12 November sy wenners vir die maand aangekondig.

Die klublede het om 19:00 by die NG Kerk Debruinpark bymekaargekom, en hulle inskrywings is deur mnr. Peter Cavanagh van Midlens Fotoklub beoordeel.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was “groente”, en die lede het almal kreatiewe foto’s ingeskryf.

Me. Adele Smit se foto, “Smoking Hot”, was die juniorafdeling se wenner en mnr. Andrew Roos se “Veggie Splash” die seniors s’n.

Die klub nooi alle belanghebbendes om aan te sluit.

Die laaste byeenkoms van die jaar is op 3 Desember.

Vir verdere navrae kan ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com gestuur word.

Related Articles

Back to top button