CrimeNews

Buurman vermoed onraad by huis in Collinstraat, diewe breek deur agterdeur

Me. Yolandi Broodryk sê sy was reeds by die werk toe sy van die inbraak te hore gekom het.

ERMELO – ‘n Inwoner van Collinstraat is op 10 November deur haar buurman ingelig dat hy vermoed dat daar by hulle huis ingebreek is.

Me. Yolandi Broodryk sê sy was reeds by die werk toe sy van die inbraak te hore gekom het.

Sy het dadelik huis toe gery en gevind dat die agterdeur oopgebreek was.

Me. Broodryk sê dat sy die huis binnegegaan het, maar dat sy niemand daar gewaar het nie.

Sy het deurgeloop en in haar slaapkamer gesien dat die gesin se skootrekenaar vermis is, asook een van haar kinders se selfone en ‘n messestel uit die huis.

Op die filmmateriaal van sekuriteit-kameras van ‘n huis oorkant het sy gesien dat ‘n onbekende wit bakkie vroeër by haar ingang ingedraai het.

Me. Broodryk het Ermeloërs op sosiale media gewaarsku, en sommige dorpenaars het gemeld dat hulle dieselfde voertuig ook in hul buurte opgemerk het.

Kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder vir die Ermelo-polisie, sê hulle ondersoek ‘n saak van huisinbraak.

Related Articles

Back to top button