Local newsNews

Kind noodgedwonge na privaathospitaal oorgeplaas na hulp by Ermelo Provinsiaal beweerdelik geweier word

Klein Lize-Mari moet op 5 November weer ’n prosedure ondergaan om te kyk of die infeksie telling af is.

ERMELO – Lize-Mari Strydom is op 28 Oktober na Ermelo MediClinic oorgeplaas, sy het onlangs onverklaarbaar siek geword waarna haar toestand vererger het.

Sy is eers in Ermelo Provinsiale Hospitaal opgeneem, maar nadat die gesin na bewering geen hulp van die dokter ontvang het nie, het hul besluit om hul dogtertjie na die privaat hospitaal oor te plaas.

Die Hoëvelder het ’n afspraak met die hospitaal se hoof uitvoerende beampte, mnr. Jantjie Aphane, gemaak om vas te stel waarom hulp aan Lize-Mari beweerdelik geweier is.

Die afspraak is gemaak vir Dinsdag, 9 November, om die hospitaal die geleentheid te gun om hul kant van die saak te staaf.

Meer inligting hieroor sal in die Hoëvelder verskyn.

Daar is intussen vasgestel dat sy infeksie in haar brein het.
Sy is op medikasie geplaas en me. Strydom het vertel dat hoewel sy nog siek is, hulle ’n verbetering in haar toestand kan sien.
Die gesin beskik nie oor ’n mediese fonds nie en hulle het uitstaande rekeninge van sowat R55 000.
Klein Lize-Mari moet op 5 November weer ’n prosedure ondergaan om te kyk of die infeksie telling af is.
Indien iemand dié gesin finansieel wil bystaan, kan fondse na die volgende bankrekening oorbetaal word:
Care Bears Volunteers, TymeBank, takkode: 678910, tjekrenening, rekeningnommer: 53000747830, verwysing: Lize-Mari.
Vir meer inligting oor die skenkings, kontak me. Julia Basson van die Care Bears by 060 905 7150.

Related Articles

Back to top button